Ou mense

Ek verkeer in die onbenydenswaardige posisie om saam met mense wat aan demensie en Alzheimers ly, te bly. Dis ‘n straf wat mens nie maklik aan ander kan oorvertel nie.

Van hulle kan na ete in die eetkamer nie onthou waar hulle eie kamers is nie. Hulle moet dan aan die hand gevat en na hulle kamers begelei word. Probeer jy ‘n geselsie met hulle aanknoop, kan hulle nie onthou waaroor jy gepraat het nie. Ek het ook opgelet dat hulle meestal ‘n warm truitjie dra, al is dit nie regtig koud nie. Toe wonder ek of dit dalk ‘n tipe trooskombersie is.

Wanneer ons almal saam op die stoep sit, is almal se versugting om net terug te gaan huis toe. Daardie deel onthou hulle nogal goed.

Party van hulle kan ver terug onthou, maar wat vyf minute gelede gebeur het, is heeltemal vaag. Vir die mense wat na hulle omsien, kan dit nogal moeilik wees want hulle soek altyd iets wat hulle iewers neergesit het en nie weer kan vind nie. Dan word die helpers van diefstal beskuldig.

Hulle kan nie selfone gebruik nie, want hulle druk aanhoudend die verkeerde knoppies. Ek wonder of hulle nog kan lees?

Hulle kan aggressief wees as hulle gewas moet word. Ek weet nie of hulle velle gevoelig is nie, maar hulle kan blykbaar nie menslike aanraking verdra nie. Hier in my kamer het ek nou al elkeen se spesifieke geskree leer ontsyfer: Helga het ‘n diep basstem, Dorothy skree soos ‘n baba en Maureen maak kreungeluidjies.

Die helpers het werklik hare op hulle tande. Ek haal my hoed vir hulle af.

This entry was posted in Leefstyl, Oudword and tagged , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Ou mense

  1. Slakkelak sê:

    Dis baie hartseer. Ek dink dis erger as slegte gesondheid. Sterkte vir jou wat daarmee moet saamleef

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s