Verkeerde voet

Ek is ‘n redelik maklike mens en kom gemaklik met meeste mense oor die weg. Daarom kan ek buierigheid nie verdra nie. Ons almal ken seker iemand wie se buie van dag tot dag nooit dieselfde is nie. Dis selfs makliker om met iemand wat altyd omgekrap is oor die weg te kom, want ten minste weet jy hy of sy sal maar weer omgekrap wees.

Dit is so dat ons nie altyd ewe positief kan voel nie, maar meeste van ons weet hoe om daardie negatiewe gevoelens te kanaliseer. ‘n Buierige person, daarenteen, is onvoorspelbaar en is daarom des te meer ontstellend. Baie keer besef hy dat hy jou te na kom, en voer dan aan dat hy met die verkeerde voet uit die bed geklim het. Mens kan egter nooit weet of die persoon wat nou vriendelik is, nie dalk oor tien minute onvriendelik gaan wees nie. Daarom moet jy maar katvoet loop, want nou-nou kan sy humeur weer ontvlam en gaan jy in die spervuur wees.

So ‘n persoon gee jou maklik ‘n dwars antwoord op ‘n goedbedoelde vraag. Dan is ek vir die res van die dag onwillig om met hom te praat. Alhoewel jy weet dat jou vriendelikheid en ‘n glimlag ander mense beter laat voel, laat sy knorrigheid en onvriendelike gesig jou besluit om liewer ver weg te bly.

Soms is die verskoning vir sy gedrag dat hy onder baie stres verkeer. Maar meeste van ons ervaar stres; ons haal dit net nie op die mense rondom ons uit nie. Raadgee help nie, want hy verstaan nie die spreekwoord wat sê dat ‘n sagte antwoord die grimmigheid afkeer nie. Vir hom help net een ding: wag maar tot hy weer vriendelik word. Ongelukkig beweeg die mense om hom altyd op hete kole sodat hulle eintlik die mense is wat onder stres verkeer. Wat doen dit nie aan verhoudings nie?

Ek wens buierige mense kon insig in hulleself ontwikkel sodat hulle hulle leefwyse kan verander. Sodoende sal baie huwelike gered word en verhoudings tussen ouers en kinders gedy.

This entry was posted in Familie, Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Verkeerde voet

  1. Tienky sê:

    Dis baie goed gese. Ware woorde en laat my ook besef hoe verkeerd ek soms kan wees met my knorre.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s