Almal dra ’n jas

Almal dra ’n jas, ’n jas wat netjies pas. So sê die kleuterliedjie. Ons almal dra ’n jas wat kan swaai soos die wind waai. Ons maak aanpassings vir elke situasie.

So kry ek met Mev Sus-en-so te doen wat maar bietjie teen haar neus na my afkyk omdat my gedrag nie altyd na haar sin is nie. Omdat ek ’n plat-op-die-aarde mens is, is ek volgens haar ’n bietjies te luidrugtig want ek gesels en lag graag. Dan demp ek my stem effens maar voor ek my kom kry, is ek weer aan die grappies maak en sien ek Mev Sus-en-so afkeurend na my kyk.

Kom jy by iemand wie se kinders en kleinkinders altyd beter as ander mense s’n presteer, kan jy nie stilbly nie. Dan waai jou jas sodat jy ook maar uitwei oor Sannie se puik prestasies.

By die kerk hou jy maar die jas styf vas want jy is maar versigtig vir die kommentaar van die susters wat oor die tee jou optrede so fyntjies kan dissekteer. En soms, net soms, is jy dalk een van die susters wat oor een van die ander se optrede ’n eiertjie te lê het.

So dra ons maar ’n jas vir elke geleentheid: by die werk, by die huis, by familie, by vriende. Natuurlik is dit nog steeds jy wat daar is en mense sal jou herken; dis net dat jou werksgesig ietwat van die vriendegesig verskil. Ek het al gehoor van iemand by die kerk wat nie genoeg kan help by die teetafel of met die kinderoppassery nie. Sy bring graag koek vir die susters en besoek die siekes. By begrafnisse sal sy die blomme rangskik of tafels dek. En dan wanneer ek hoor wie die goeie suster is, kan ek nie help om te dink: “Maar ek ken nie vir Sarie so nie. By ons bring-en-braaie sit sy land en sand en gesels en maak nie eens ’n slaai nie!”

Is die feit dat ons hierdie jassies dra, nie maar net ’n teken dat ons graag deur ons medemens aanvaar wil word nie? By die huis kan jy dalk jou jas uittrek want jy kan miskien teenoor jou lewensmaat erken dat jy met een of ander probleem worstel maar dit kan iets wees wat jy aan niemand anders wil oorvertel nie. Dalk is dit ’n geldprobleem – en hoeveel vriendskappe het al gesneuwel omdat Piet en Lenie nie meer kan bekostig om die ander vriende na hulle huis te nooi nie? Daarom bly jy maar stil en gee voor dat alles nog goedgaan.

Ek weet baie mense sê dat hulle nie maskers opsit nie, dat wat jy sien die ware jakob is. Ek dink egter dat hulle hulself net nie goed ken nie. Want niemand kan onbeskermd deur die lewe gaan nie.

This entry was posted in Gewoontes and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Almal dra ’n jas

  1. Toortsie sê:

    Ai, Klippie, ek kan tog ook so verkeerd optree. Hard praat. Laf wees… Maar ja, soms moet mens maar ‘n jas ook aantrek…

  2. seegogga sê:

    daardie jas, ons dra hom maar almal, ne, maar sommige mense se jasse is van daardie die opgestopte goed…..

  3. seegogga sê:

    Hoe gaan dit met jou, Klippie?

  4. MaanKind sê:

    DIe Israeliese vrou wat Almal dra ‘n jas geskryf het, is verlede week oorlede.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s