I’m back

However ….  not with a bang, but a whimper.

Ek weet die sin hierbo verwys na die einde van die wêreld maar my terugkeer na die land van die lewendes het nie met ’n knal plaasgevind nie, eerder net ‘n sagte fluister.

Volgens my kinders was ek baie siek maar al wat ek kan onthou is dat ek een oggend nog in my bed in my dogter se huis geslaap het en die volgende dag in die hospitaal wakker geword het. Tussen daardie twee gebeurtenisse het daar volgens my kinders ses weke verloop.

Nou ja, sedertdien het ek in ’n versorgingsoord beland waar ek stadigaan weer moet leer loop en van voor af moes leer skryf. Aan die begin was selfs lees vir my moeilik en het ek glad nie belanggestel in die wêreld om my nie. Gelukkig het my kinders nie moed opgegee nie en my omring met boeke, tydskrifte en koerante. Die radio speel heeltyd langs my en mettertyd het ek weer begin luister na wat Johan Rademann en Martelize Brink te vertelle het.

Noudat skryf my enigste uitlaatklep is, gaan ek julle met nog baie stories verveel.

This entry was posted in Familie, Oudword and tagged , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to I’m back

  1. seegogga sê:

    Wellkom terug! Ons het jou gemis!

  2. ddupl3ss1s sê:

    Ag ek is verskriklik bly jy’s terug!

  3. Ek sê ook maar welkom, al is ek nie ‘n ou blogger nie. Sien uit na jou griffel-stukkies.

  4. Ek sien uit na jou stories. Ek is ook baie bly dat jy aan die herstel is, al is dit dalk stadig. Welkom terug.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s