Somme

Abraham Fouche sê:

Nou eers het ek die les geleer
dat die lewe maar ‘n som is en
dat ons antwoorde daarop
maar almal ewe dom is.

Dit voel vir my of die lewe baie ooreenstem met die maak van somme, en dat ons nie altyd die regte antwoorde kry nie. Dan kom die verkeerdmerkie en moet ons weer probeer. Ongelukkig herhaal die omstandighede hulleself nie en kan ons weer eens by die verkeerde antwoord uitkom.

Ek was maar dom in die rekenkundeklas. Gelukkig kan sommige onderwysers raaksien wanneer jy probeer en jou dan ondersteun sodat jy later wel die vermoë het om die somme te doen. Dan maak dit nie saak wanneer jy een som verkeerd kry nie, want jy probeer weer tot jy dit regkry.

Maar in die regte lewe kom mens meestal nie by die regte antwoorde uit nie. As ek terugkyk, sien ek die optelfoute wat ek gemaak het. Ongelukkig het ek nie weer ‘n kans om daardie selfde som te doen nie. Natuurlik kom die somme van die lewe neer op ‘n vingertellery in die donker; daarom maak almal van ons foute.

This entry was posted in Herinneringe, Oudword, Skooldae and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Somme

  1. seegogga sê:

    Baie waar en goed gestel.

  2. Toortsie sê:

    Jip. Genadiglik kom ons tog, met ompaaie en al, op die ou end waar ons moet wees.

  3. En dis belangrik om te sien dat ons almal foute maak. So kan ons mekaar meer verstaan en verdra. Ek was ook nie baie wiskundig, maar so is ons weer sterk in iets anders. En aahouer wen, sal het ons somme deurgeskuur. Jou stukkie is lekker geskryf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s