Trane

Het jy al gedink hoeveel trane gestort word wanneer mens treur of jou emosies met jou weghardloop van blydskap? Vir ons oues is trane die manier waarop ons uiting gee aan hoe bly ons is wanneer die kinders en kleinkinders vir ons wys hoeveel hulle vir ons omgee.

Trane vloei ook mildelik wanneer ’n sekere liedjie oor die radio gespeel word, nie omdat mens dit wou nie maar omdat dit jou emosioneel terugneem na ’n tyd lank gelede. Sekere liedjies herinner my aan my ma of pa en dan is ek weer kind en onthou hulle soos hulle toe was.

God het vir ons trane gegee om uiting te gee aan ons gevoelens en ons skoon te was van ons opgekropte emosies. Trane bring verligting as jou hart wil bars van vreugde of droefheid. Trane word gestort by die geboorte van ’n nuwe agterkleinkind of as jy afskeid neem van jou kleinkind wat oorsee gaan bly en jy haar miskien nooit weer sal sien nie.

In my geestesoog sien ek nog my ou wederhelfte wat aangedaan geraak het wanneer hy mooi musiek gehoor het. Hy was mal oor opera en sommige vrouestemme het hom emosioneel baie geraak. Maar sy trane was ook vlak toe die seuns opgeroep is vir grensdiens en by elkeen van die kinders se troues, by die geboorte van die kleinkinders en toe die kinders die wye wêreld ingevaar het.

So word trane menigmaal deur mens se lewe gestort, soveel keer dat mens die kere wat die trane loop in jou leeftyd nie kan tel nie.

This entry was posted in Familie, Herinneringe, Oudword and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Trane

  1. Klippie!!!!! Ek is bly om jou weer raak te loop. Al is dit op ‘n tranerige noot.

    As ek dan ‘n traan moet stort, beter dit ‘n lagtraan wees.

  2. Sug… die lewe is nie vir sissies

  3. Sparkle sê:

    Ek kan nie ‘n program kyk wat handel oor diere sonder om te grens nie. Tot met SABC se Fokus program is dit krokkeltrane as hulle iets van renosters wys. Maar ja, ‘n ordentlike huilsessie is soos ‘n stoombad vir die siel

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s