Hekelwerk

Terwyl ek sit en hekel, loop my gedagtes op ver paaie terug.  Dan dink ek terug aan die tyd wat ek jonk was en ons op die ingewing van die oomblik die pad kon vat om nuwe horisonne te ontdek. Toe was daar die tyd waar ek eers moes vra of die plek waarheen ons gaan rolstoelvriendelik is en daar geen impulsiewe reis meer vir my was nie. Nou reis ek net in my gedagtes en bekyk die mooi foto’s in tydskrifte en kyk na die reisprogramme op TV.

Ek dink met nostalgie terug aan die dae toe ons sommer vir die lekker langs die pad gestop het en die veld ingestap het, die vele kere wat ons in Etosha en die Krugerwildtuin was en die diere daar bestudeer het, die swem in die see en die dae langs die viswater. Waar is die dae toe ons saam met die troepies gevlieg het toe ons in Suidwes gaan werk het? En hoeveel keer is ons deur die lieflike Meiringspoort na Oudtshoorn?

Mens se lewe met al sy omswerwinge is net soos die tafeldoek wat met soveel liefde gehekel word. Met elke steek kom die tafeldoek waaraan ek werk al nader aan die einde. En wanneer jy die tafeldoek in sy geheel beskou, maak elke steek deel uit van die mooi patroon wat almal uiteindelik bewonder. Ek hoop dat my kinders ook op die ou end my lewe sal besigtig en sal sê: “Dit was mooi.”

This entry was posted in Herinneringe, Oudword and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Hekelwerk

  1. Toortsie sê:

    Toe ek klein was en na my ouma se stories geluister het, het ek gewéns ek gaan ook eendag stories hê om te vertel.
    Jou storie laat my besef, hierdie rondritstyd wat ek nou beleef, gaan verby gaan. Mens moet elke oomblik geniet.

    • klippie sê:

      Ek besef nou eers dat ek al van jongsaf ‘n joernaal moes gehou het. My kinders vra my baie uit oor die ou dae en daar is sekere goed wat ek nie meer so helder onthou nie. Met ‘n joernaal sou dit daardie probleem opgelos het.

  2. Sparkle sê:

    Dis baie waar wat julle twee se. Eendag wil ek met my antieke laptop op my skoot sit en elke reis wat ek beleef het weer herleef. Terloop, ‘n vriending het my probeer touwys maak met die hekel, my vingers is gans te dom daarvoor!

  3. Daar is ‘n gedig wat dit nogal mooi saamvat:

    “My life is but a weaving
    Between my God and me.
    I cannot choose the colors
    He weaveth steadily.

    Oft’ times He weaveth sorrow;
    And I in foolish pride
    Forget He sees the upper
    And I the underside.

    Not ’til the loom is silent
    And the shuttles cease to fly
    Will God unroll the canvas
    And reveal the reason why.

    The dark threads are as needful
    In the weaver’s skillful hand
    As the threads of gold and silver
    In the pattern He has planned

    He knows, He loves, He cares;
    Nothing this truth can dim.
    He gives the very best to those
    Who leave the choice to Him.”

    Ek kon nog nooit met sekerheid bepaal wie dit geskryf het nie.

  4. Kameel sê:

    Ek sien my ouma in haar stoel sit met haar hekelwerk en die hand. Dit is ‘n pragtige beskrywing van die lewe, dankie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s