Die eindtyd

Ons is alreeds halfpad deur die tweede maand van die nuwe jaar. Voor jy jou kom kry is dit alweer die einde van nog ’n jaar. As mens baie doemprofete moet glo, is dit voor jy jou oë uitvee, die einde van die wêreld.

Nou wonder ek so by my selwers: as hulle nou so vas glo dat hulle reg is, hoe berei hulle hulleself voor. Verander hulle hulle selfbeeld, hul gedrag en optrede sodat hulle sal kwalifiseer as uitverkorenes? Ons gewones wat nie daaraan glo nie, is ons gedoem? Ek is nog maar outyds en glo nog soos ons lees in die Bybel dat nie een die tyd en uur sal ken waarop die einde sal aanbreek nie, so trek ek maar net my skouers op en dink aan al die datums wat gekom en gegaan het waarop niks gebeur het nie.

Ek oordeel nie maar ek glo dit moet nogal moeilik wees om mense in die oë te kyk as jy die einde voorspel het. Trek jy dan weg en begin weer op ’n ander plek waar nie een jou ken nie of gaan jy maar gewoonweg aan asof niks gebeur het nie. Omdat ek maar min selfvertroue het sou ek regtig te skaam gewees het om my kop by die deur uit te steek.

 Gelukkig is daar deesdae min mense wat hulle daaraan steur, dink ek. Al die films wat gemaak word oor die einde van die wêreld, hoe grusaam ookal, maak ook nie enige verskil nie. Almal jaag maar voort om sy eie dinge te doen en daar is maar min tyd om te dink dat jy dalk nie meer lank hier ter aarde sal wees nie.

My raad is leef so dat as dit die einde moet wees, daar niks is waaroor jy spyt is nie. Soos dit is, is ons nie seker of jy op pad iewers heen in ’n ongeluk sal wees, of dalk in ’n kapingsdrama betrokke sal wees nie. Luister maar net nuus en jy besef hoeveel mense daar elke dag omkom in padongelukke. Met al die vliegongelukke en vliegtuie wat verdwyn wonder ek so by myself of dit nie ’n wegraping van mense is nie. Oeps, sê ek die verkeerde ding?

This entry was posted in Gewoontes, Leefstyl, Mense en hul dinge and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Die eindtyd

  1. Jy praat so. Ek het nou die dag ‘n fliek gekyk waarin die mense so skielik weggeraap word. Hulle sit byvoorbeeld nog in ‘n vliegtuig en dan verdwyn 10% van die mense. Dit was nogal ‘n interessante konsep.

    Die aarde moet op een of ander manier die mens se getalle beheer. Ek dink ongelukke is maar net ‘n manier om die getalle te beheer.

  2. Sparkle sê:

    As dit jou tyd is dan is dit jou tyd … niemand kan daarvan wegkom nie … Goeie en ware raad wat jy op die einde gee Klippie🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s