Zimbabwean minister tells parents to include condoms in their children’s lunchboxes

Well I never! Ek het nooit gedink dat mens so ’n koerantberig sal lees nie. Wat doen kinders deesdae by die skool?

Ons het groot geword in ’n era waarin vrouens nogal baie gereeld swanger geword het. Vir ons was dit nie snaaks as die kinders soos orrelpypies langs mekaar gestaan het en soms net ’n jaar van die ouer boetie of sussie verskil het nie. En ons het nie eintlik opgelet dat die vrou swanger is nie; sy het maar net vetter geword. Kort voor lank was daar weer ’n baba en het ons verstaan waarom daar nuwe babakleertjies in my ma se onderste laai gebêre was.

Ons was ses kinders, maar dit was nie buitengewoon om gesinne met agt of tien kinders te ken nie.

Maar ek verwonder my aan die nuus wat mens deesdae hoor en lees: meisies van 10 wat swanger word – hulle is dan self nog kind. Vingerwys help nie want seks is so algemeen op TV en in tydskrifte en pornografie is beskikbaar met die druk van ’n knoppie op ’n selfoon. Blykbaar is daar niemand wat kan verhoed dat leerlinge op die skoolgronde met seks eksperimenteer nie – dit moet net met toestemming geskied. Geen wonder dat die ouers in Zimbabwe kondome saam met kos in die kinders se kosblikke pak nie.

This entry was posted in Leefstyl, Oudword and tagged , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Zimbabwean minister tells parents to include condoms in their children’s lunchboxes

  1. In SA moet skole aan kinders kondome beskikbaar stel. Dit sluit laerskole in. In SA is enige seksuele daad (vrywillig of onvrywillig) teen die wet vir kinders onder 16. Hoe de duiwel werk dit?

    Ek dink daar behoort nog iets te wees soos morele waardes. Kinders is nie veronderstel om seks te hê nie. Die boodskap moet hard en duidelik wees.

    • klippie sê:

      Ek stem saam maar dit lyk of die owerhede wil hê dat kinders seks moet hê. Is dit nie so dat ‘n meisie van 12 kan besluit om ‘n aborsie te kry sonder om vir haar ouers daarvan te vertel nie?

  2. Sparkle sê:

    slaan my om met ‘n veertjie. Wonder hoe lank die kinders se pouse dan is?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s