Koelte

Hierdie somer het ons ’n paar bloedige warm dae beleef. Die lug so helder sonder enige wolkvliesie of teken van’n lafenis. Al wat jy dan kan doen is om ’n groot skadukol te soek vir ’n bietjie koelte. Die sonbesies se getjir is al wat hoorbaar is, selfs die voëls is doodstil. Die blomme hang vroeg al met verlepte koppe.

Ek kry die mense wat buite moet werk baie jammer want die son brand neer. Maar werk is werk. Mens kan ongelukkig nie kies nie, want in die sweet van jou aanskyn sal jy jou brood eet. Letterlik en figuurlik. Die ouens wat in lugverkoelde kantore werk, is nogal bly vir daardie genade maar die handearbeider moet maar uithou, al voel dit vir hom asof hy maar eerder in ’n skadukolletjie moet gaan lê. Base soek hulle pond vleis.

Januarie, Februarie is gewoonlik baie warm maar vir my voel dit asof dit hierdie jaar warmer as gewoonlik was. Miskien het die ouderdom daar iets mee te doen. Dan skakel die elektrisiteitsmense nog die krag af, so daar gaan die voorneme om voor die waaier te lê wat darem die lug ’n bietjie kon roer sodat mens kan afkoel. Nou ja, een van die dae is dit winter en dan kla ons weer omdat dit te koud is.

This entry was posted in Gewoontes, Leefstyl, Somer and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Koelte

  1. Spokie sny spoor sê:

    Ek stem, dis vrekwarm. Gisteraand het ons weer beurtkrag gehad en kry mens nie geslaap sonder die waaier nie.

    My man het ‘n water lugdrukboor en kry ek hom so jammer saans as hy vol stof en rooigebrand die huis instrompel. Ons in kantore met lugverkoeling is bevoorreg.

  2. Dit is gewoonlik lekkerder om buite IN DIE KOELTE te sit as in ‘n lugverkoelde kantoor. Daar is niks ergers as om inkopies te gaan doen in ‘n sentrum sonder lugverkoeling nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s