Liewe ouers

’n Mens kan seker nooit uitgepraat raak oor die hoë egskeidingsyfer nie. Nie dat ek my oor die egpaar wil uitlaat nie, maar oor die onregverdigheid van die situasie vir die kinders. Die gevoel van verwerping wat die kinders ervaar en die verskeurde lojaliteit tussen die twee ouers het ek met my eie oë aanskou. Mens kan tog nie liefde in ’n oogwink afsny nie. Wanneer ek na my kleinkinders kyk wat uit ’n gebroke huis kom, besef ek dat, al is hulle self nou grootmense, die bitterheid steeds daar is.

Daar is ouers wat vriendskaplik uit mekaar gaan en dis die beste situasie vir die kinders. Maar oor die algemeen vergelyk die ouers die tye wat hulle met die kinders spandeer. Wat vir een ouer te veel is, is vir die ander nie genoeg nie. Die ouer by wie die kinders grootgeword het, voel dat die kinders meer erkentlikheid teenoor hom of haar moet betoon. Hy was daar om die skrape aan knieë skoon te maak en om emosionele bystand te verleen as alles nie klopdisselboom gaan nie. Wanneer een ouer nie sy of haar finansiële bydrae maak nie, is dit baie keer die kinders wat aan die kortste ent trek. Soms word een kind voorgetrek deur die versorgende ouer en dan probeer die ander ouer daarvoor opmaak, wat weer tot ander probleme aanleiding gee.

Hoe hanteer jy die situasie tussen die twee ouers wanneer daar ’n belangrike verjaarsdag is of wanneer die kind verloof raak of trou? Party ouers verafsku mekaar so erg dat hulle nie eers in dieselfde gebou wil wees nie. En nooi die kind een ouer en nie die ander een nie, dink daardie ouer dalk dat die kind hom of haar nie meer liefhet nie.

Uit eie ondervinding kan ek egter sê dat, al sien die kinders een ouer vir jare nie, die kinders daardie ouer nog steeds so liefhet soos altyd. Hoe dan anders: dit is immers hulle ma of pa. Feit bly, bloed is dikker as water en kinders sal hulle ouers byna enige oortreding vergeef.

This entry was posted in Familie, Kinders, Konflik and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Liewe ouers

  1. Dit is maar altyd ‘n gemors.

    Die finansiële kant is altyd ‘n kopseer. Dit is net ‘n baie gemaklike wapen. Ek het dit al dikwels gesien in huise waar die vrou en die man voorheen getroud was met kinders. Die vrou (argumentsonthalwe – kan seker ‘n man ook wees) sal hand en tand baklei om meer en meer van haar eks te kry. Terselfde tyd sal sy met haar man se eks baklei om te verseker dat sy nie een sent ekstra kry nie. Die kind se behoeftes het selde oorredingskrag.

    • klippie sê:

      Ek weet van te veel gevalle waar kinders as wapens gebruik is, waar die ma nie onderhoudsgeld vir die kinders gebruik het nie of waar die pa geweier het om te betaal en elke keer eers hof te gesleep moes word. Ek het altyd gedog ouers se liefde sal sorg dat wat in die beste belang van die kind is, gedoen word. Soms is egskeiding noodsaaklik agv byvoorbeeld mishandeling, en dan is dit in belang van die kinders. Maar waar ouers om ander redes skei is dit seker nie onrealisties om te dink dat hulle finansiele besluite ook vir die kinders se voordeel sal wees nie.

  2. Selfs in sommige huise waar ouers bymekaar bly, waar dieselfde gebeur en self nog meer dinge wat kindwees regtig nie maklik maak nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s