Vergewe en vergeet

Is dit vir ons moontlik om te vergewe en te vergeet? Ek moet erken dat ek kan vergeef maar dat dit nie altyd moontlik is om te vergeet nie. Baie mense redeneer dat as iemand verkeerd teenoor jou opgetree het of iets gedoen het om jou seer te maak, daar nie meer dieselfde gevoel tussen julle sal wees nie. Vriendskap sal die onderspit delf in so ’n geval. Die mens is soos ’n olifant wat die verkeerdheid wat teenoor hom of haar gepleeg is nie maklik kan verskoon nie.

So is daar tye wanneer ek onthou hoe ek my ma verwyt het dat ek altyd aan die agterspeen gesuig het waar dit by liefde en aandag gekom het. Ek het baie keer vir my ma gesê dat sy my nie liefhet nie en dat dit net Ousus Anna is wat vir haar iets beteken. My ousus was, soos my ma, ’n raakvatter. Daarby was sy sterk en gesond en kon sy haar man (of is dit nou vrou) te alle tye staan. Ek, daarenteen, was ’n tingerige, maer en sieklike kind. Wat ek ook al gedoen het, het nooit dieselfde standaard bereik wat ousus Anna gestel het nie.

Na vele jare moet ek nou erken dat ek vir myself oneindige wroeging veroorsaak het. My ma het die laaste klompie jare grotendeels by my gebly al het sy haar eie huis gehad. Daar het ons ’n band gesmee wat ek vir niks sal verruil nie. En ek het besef dat sy my liefgehad het – maar op ’n ander manier as vir Anna. Want sy het my as ’n persoon raakgesien met my eie behoeftes en belangstellings. Dit was ek wat myself altyd met Anna vergelyk het.

Nou kan ek met eerlikheid sê dat ek vergeet en vergewe het en is ek oneindig dankbaar vir die geleentheid wat ek gehad het om  die wonderlike vrou wat my ma was te waardeer.

This entry was posted in Familie, Herinneringe, Oudword and tagged , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Vergewe en vergeet

  1. Ek kan mos myself ook so ongenadiglik met ander vergelyk …

  2. Ek sal nog vergeet, maar vergewe nooit. Veral nie myself nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s