Nastergal

As jong kinders het ons verkies om in die veld rond te loop eerder as om in die huis stil te sit. Watter pret was dit nie om dan op ’n nastergalbossie met ryp vrugte af te kom nie. Ons kon dan heerlik smul aan die blou-pers bessies met ’n frank smaak. Ons gesigte was pers besmeer en ons het met mekaar gewedywer om te sien wie die meeste bessies kon verorber.

Gelukkig het ons ma daardie tyd nie opgewonde geraak wanneer ons so persbesmeerd by die huis aangekom het nie. Sy het ons net in die badkamer ingeboender met die opdrag: “Maak julleself skoon!”

Dit was vir my verbasend om te hoor dat die groen bessies van die nastergalbos uiters giftig kan wees. Ek kan nie onthou dat enigeen van ons kinders ooit iets oorgekom het nie, maar ons sou sekerlik ook nie veel van die groen bessies geëet het nie want dit smaak glo glad nie lekker nie. Ons kinders het mekaar met die groen bessies gegooi as deel van ons speletjies in die veld.

Vir baie jare het ek nie nastergal gesien nie. Totdat my kleinseun eendag op pad huis toe by ’n padstal gestop het en daar vir my ’n bottel nastergalkonfyt gekoop het. Wat ’n vreugde om die donkerpers konfyt op my roosterbrood te smeer en daaraan te smul vir ontbyt. Dan is ek sommer weer klein en kom die herinneringe aan die sorgelose dae wat ons so vrylik kon rondhardloop en die veld rondom ons kon verken weer terug.

So, onthou wanneer jy op pad is om vir my te kom kuier. Bring asseblief die nastergalkonfyt saam.

This entry was posted in Herinneringe, Kos and tagged , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s