Tydskrifte

Vandag wil ek kla oor die inhoud van die tydskrifte wat ons deesdae op ons rakke kry. Uit die aard van my probleme, is ek baie bedgebonde en lees ek baie. Ek voel dat sekere tydskrifte waarlik nie waarde vir geld bied nie. Baie bladsye is net foto’s met onderskrifte wat eintlik maar net ‘n advertensie is vir een of ander produk.

Ek kom uit die era waar tydskrifte leersame en interessante artikels bevat het asook stories met iets om die lyf; nie die bladsye en bladsye van mode- en skoonheidswenke nie. Daar is plek daarvoor, maar gee ons ook iets om te lees is my pleidooi.

Deesdae moet mens ook mooi kyk om seker te maak dat die foto waarna jy kyk wel dié is van die bekende wie se naam onder die foto staan. Soms word hulle onherkenbaar gephotoshop. Nog ‘n rede om nie meer tydskrifte te koop nie.

Dan is daar die “feel good” tydskrifte waar alles wat jy lees so positief weergegee word dat jy wonder of daar iets fout is met die lewe wat jy gehad het. Of jou geloof nie groot genoeg was nie en jy daarom nou met jou probleme sit. Of jy het nie hard genoeg gebid sodat God kon ingryp in jou situasie nie.

Waarom koop jy dan tydskrifte, sal mense my vra. Juis omdat ek aan die bed gebonde is, is dit ‘n manier waarop ek in voeling bly met die breër wêreld daar buite. Ja, ek kyk TV, maar ek verkies om te lees om my brein en gedagtes te stimuleer. Daarom vra ek, gee vir ons ‘n tydskrif wat ons graag wil koop en lees.

This entry was posted in Afrikaanse taal, Boeke, Leefstyl and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Tydskrifte

  1. seegogga sê:

    Ek vind dit ook nogal, daarom koop ek geen tydskrifte meer nie, behalwe Readers Digest. Hy is ook lekke klein vir die vashou . Ek lees hom graag as ek in die bad le en het veral baie interessante nuwe uitvindings op mediese gebied ens. Die Lig kry ek elke maand verniet en ek geniet ook nogal sy artikels

  2. Oe!!! Ek is mal oor die Readers Digest.

    Ek het nog nooit regtig in die gewoonte gekom om tydskrifte te koop nie. Ek hou wel daarvan om dit deur te blaai as ek een kry. Die kwaliteit van artikels het regtig afgeneem. As jy ‘n Huisgenoot deesdae optel, is jy binne 20 minute daardeur en het jy alles gelees wat daar in was. Tel een van die 80’s of 90’s op en jy word vir ure gefassineer met die artikels.

    Joernalistiek vertel deesdae nie meer stories nie. As dit nie propaganda is nie, is dit ‘n swartsmeerdery.

  3. Toortsie sê:

    Ek verstaan dat jy ‘n behoefte het aan lekker leesstof, omdat jy bedgebonde is.
    Ekself verkies ‘n boek, het jare laas ‘n tydskrif gekoop. Tog dink ek, sou ek bedgebonde wees, ek ook dalk ‘n tydskrif sou soek. Sommer net vir die iets anders daarvan.

  4. Sparkle sê:

    As ek kan sal ek deur ‘n Weg blaai maar ek steur my nie verder aan tydskrifte nie. Ons blog viende se taalgebruik is baie goed en dan is hulle nog slim ook😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s