Inry

Baie min mense kan seker nog die inryflieks van vroeër dae onthou. Toe ons gesin nog jonk was, was Saterdagaande inry-aande. Die kar vol kinders kon nie wag dat ons ry nie, al het hulle nie veel na die fliek gekyk nie. Al die skoolmaats was daar en hulle kon rondhardloop en speel voor die rolprent begin draai. Natuurlik was die kosmandjie ook ’n groot aantrekkingskrag. Pa was altyd die een wat gesorg het vir die jafels, gebraaide wors en gekookte eiers, tamaties en natuurlik radyse. Daar was ook ietsie soets om die aand mee af te rond. Dit was tog te lekker om so te peusel terwyl ons langs die kar op seilstoele gesit het wanneer die weer dit toegelaat het. Familie en vriende het  langs mekaar parkeer en dan het ons land en sand aanmekaar gesels. Vir die kinders is ’n kombers oopgesprei waarop hulle kon sit of lê.

Pa se gunsteling flieke, naamlik die skop, skiet en baklei sort, was natuurlik n groot treffer veral as dit ’n John Wayne fliek was. Die volgende dag het die seuns natuurlik Cowboys en Crooks gespeel. Vir ons vrouens was die flieke soos Carousel, Seven Brides for Seven Brothers natuurlik weer ’n groot treffer. Toe kom die Afrikaanse films soos Daar doer in die Bosveld, Pappa Lap en sommer vele ander waarvan ek nie meer die name kan onthou nie.

Vir ons was dit net lekker om so saam saam die aand te kon geniet. Die kinders was uitgeput na so ’n laat aandjie uit en ons grootmense het al die jongste nuus met mekaar gedeel. Ons het natuurlik altyd die eerste sessie bygewoon; die later fliek was vir die vryers.

Deesdae, in die somer is daar opelugflieks hier naby waarheen die jonges en jong families graag gaan. Hulle pak ’n piekniekmandjie sit op die grasperk en kyk fliek.  Die heel kleinstes hardloop ’n bietjie rond en val dan op ma se skoot aan die slaap. Ek self het dit nie beleef nie maar dit klink baie soos die gesinsvermaak wat ons met inryflieks gehad het.

 

This entry was posted in Familie, Herinneringe and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Inry

  1. Sparkle sê:

    Toe ek klein was het ons by Hartenbos se inryfliek altyd gaan fliek. Ek onthou nog goed die opwinding en luidsprekertjies wat mens aan die motor se venster gehak het. Dit was die beste somersaande ooit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s