Kerslig

Noudat ons weer met beurtkrag sit, besef ek dat krag vir my persoonlik nie so belangrik is nie, behalwe dat ek dan nie kan lees nie. Die ou oë is afhanklik van krag. Baie mense sê dat hulle as gesin baie nader aan mekaar gekom het want, ten spyte van alles, braai hulle iets te ete saam. Na ete speel hulle speletjies en gesels met mekaar oor hulle probleempies. So daar kom dan ook darem iets goeds uit die kragonderbreking.

Snaaks dat elektrisiteit so ’n belangrike kommoditeit vir ons is. Baie mense kla dat hulle hande skoon afgekap voel en hulle nie wat om te doen nie. Kom die beurtkrag vroeg in die aand is in die bed klim nie ’n moontlikheid nie want dan is die nag baie lank. My voorneme is om ’n batteryradio aan te skaf. Maar heimlik hoop ek dit gaan nie nodig wees nie, want alles lyk so droefgeestig in die skemer van kerslig.

Vroeër dae toe ons net kerse gehad het, kon ons goed klaarkom maar nou as daar nie krag is nie weet ons nie hoe om die tyd om te kry nie. Al my stories waaraan ek kan dink lok nie eens meer ’n glimlaggie uit nie. Almal is net bekommerd oor wat hulle nou weer op TV mis.

By my dogter is die man van die huis se werk afhanklik van krag en  is die jonges haastig om iets op die internet na te slaan. Wat die elektrisiteitsmense vergeet is die twee uur wat jy aan werktyd verloor en wat op een of ander manier ingehaal moet word.

Dit herinner my aan die tyd in jou lewe dat daar net kerse was, al die skaduwees wat soos spoke teen die mure dans. Ons het beelde met ons hande gevorm wat soos ’n kameelperd, donkie, hasie of voël in vlug gelyk het. Nou is almal groot en sal dit snaaks lyk om so vir jouself te sit en speel. Ons het ook beelde gevorm met warm kerswas, wat ons laat voel het asof ons beeldhouers was. Spookstories wat oupa of ouma vir ons kinders vertel het, het ekstra grillerig geklink in die lig van ’n kers. Ek was daarna baie skrikkerig om kamer toe te loop, want om elke draai was ’n nuwe bedreiging.

Tot nou toe weet ek nog nie hoekom mense sê dat kerslig romanties is nie. Miskien is dit omdat jy nie al die swakplekke kan raaksien nie. Maar gee maar vir my eerder elektriese lig dan kan ek darem sien wat ek doen.

This entry was posted in Gewoontes, Kinderspeletjies, Leefstyl and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Kerslig

  1. Alles goed en wel as die huis vol mense is. Dit is ‘n heel ander saak as jy op jou eie bly. My kat haat dit ook as die ligte af is. Mens kan jou vir ‘n rukkie met ‘n selfoon of rekenaar vermaak, maar dit gaan ook net so ver voordat die batterye af is.

    Ek kry beurtkrag in die dag. Wanneer hulle egter kabels steel, is dit ‘n paar dae in die donker. Dit is glad nie snaaks nie.

  2. Sparkle sê:

    Ek het tydens my vakansie ‘n baie oulike solar paneeltjie gesien waarmee mens jou laptop en selfoon se battery kan laai. As die krag is sit ek sommer die 2 solartuinliggies wat ek het in glase in die huis. Dit help so kleiiiin bietjie.

    Kragaf pla my nie veel nie, daar is te veel om te doen, al is die krag af!

    Ek sien Xena praat so van haar katte, myne se waterbak is ‘n klein visbakkie met ‘n filtertjie in wat maak dan die water die heeltyd beweeg. As die krag af is, dan kyk hulle mens aan asof JY die probleem moet uitsorteer!🙂

  3. Ek hou my iPod en Kindle se batterye gelaai vir hierdie beurtktag gebeurlikhede, maar dan vergeet ek waar ek die toestel laas gebêre het. In die donker of by kerslig gee dit nogal ‘n gesoek af.

  4. Toortsie sê:

    Kerslig het maar sy eie bekoring.🙂
    Het jy nog nie ‘n e-leser nie? Of kan jy dalk boeke op jou rekenaar lees? Of is jou rekenaar 100% afhanklik van krag?

    • klippie sê:

      Ja, ek het ‘n e-leser maar die helder skerm in die donker maak my oë seer, selfs met ‘n swart agtergrond. Gelukkig het ons darem nie te veel beurtkrag beleef die afgelope week nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s