Opstandigheid

Eer jou vader en jou moeder is die sesde gebod en as kinders was ons terdeë daarvan bewus. Pa se woord was wet en teëpraat was net nie geduld nie. Soms het ons gebrom maar ons het dit nooit durf waag om dit te doen waar een van die ouers dit kon hoor nie.

Ons was nie engeltjies nie, maar my pa het nooit sy hand teen ons gelig nie; hy het ons deeglik die leviete voorgelees. Ma was die een wat die nat vadoek of die skoen gebruik het om ons weet terug te bring aarde toe. Daar was sekere ongeskrewe wette waaraan ons moes voldoen en bewaar jou siel as jy dit sou oortree. Byvoorbeeld, na ete moes ons susters sorg dat die kombuis skoon kom en Sondae na ete moes ons almal gaan rus. Maar as jy ’n jong kind is, wil jy nie in ’n donker kamer lê nie, jy wil buite in die veld gaan rondhardloop. Dan het ons een vir een by die venster uitgeklim en moes maar ons straf verduur wanneer ons later vuil uit die veld uit terug was by die huis.

Ook kon ons nie huis toe kom om te kla wanneer die onderwyser ons vir een of ander iets in die klas gestraf het nie. Pa en Ma het altyd gesê dat die onderwyser seker rede gehad het om ons te straf.

Miskien was ons te gehoorsaam en miskien moes ons meer die outoriteit van ons ouers en onderwysers bevraagteken het. Maar as ek hoor en lees van leerlinge wat in opstand kom in die klas, verbaas dit my. Waar sou ons gewaag het om handgemeen te raak met ’n onderwyser of om hom of haar te vloek wanneer hy of sy ons sou aanspreek oor huiswerk wat nie gedoen is nie of omdat ons nie aandag gee in die klas nie.

Ja-nee, tye het verander. Ek is net bly ek hoef nie met die jong, opstandige kinders van vandag klaar te kom nie.

This entry was posted in Gewoontes, Herinneringe, Leefstyl, Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Opstandigheid

  1. ddupl3ss1s sê:

    My broers / en skoonsussies , in onderwys het menige dag gekla oor kinders wat hul voortydig laat smag het na aftrede maar daar bly altyd die wat spesiale plek het met onnutsighede . Beslis nie meer ‘n maklike beroep inaggeneem die eise wat Departement ook nog stel en klink my druipeling bestaan meer in woordeboeke as in die werklikheid wat vir swak/vrot – prestasie geld.

  2. Ek was gereeld in die moeilikheid oor terugpraat. Perdedrolle is nie vye nie en net omdat ‘n grootmens sê dit is vye, maak dit nog steeds nie vye nie. Ek kon ook nie stil geklap word nie. Toegegee, ek het nooit ‘n onderwyser gevloek of aangerand nie. Ek wen ‘n argument met feite, nie met aggressie of geweld nie.

  3. Sparkle sê:

    Die onnies moet verseker deesdae hare op hul tande en kalmeerpille in hul lessenaars se laaie he!

    Dalk gaan dit beter in die platteland?

    As kind moes ons ook Sondae middae gaan slaap en dit was soooooo verveling. (Mens kan Die Rapport se klein tydskriffie en die verhale van “die skim” net soveel keer lees.) Dan, as mens die ketel in die kombuis hoor kook weet jy dit tyd vir tee en koekies!🙂

    Hoe ouer ek word, hoe meer dink ek dat pak slae ‘n goeie idee op ‘n stoutgat se stere is! Hoe party mense dit as sielkundige skade sien is vir my nog steeds ‘n vreemde gedagte.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s