Ma se wyshede

“Tussen die vurk en die mond, val die pap op die grond,” so het Ma altyd gesê wanneer ek na ’n partytjie of vakansie uitgesien het. Dit was maar moeilik om na haar te luister wanneer dit gevoel het sy wil jou laat glo dat dinge nie altyd verloop soos jy graag wil hê dit moet nie.

Wanneer jy ’n ogie gehad het op die spoggerige outjie, het Ma weer koue water gegooi op die hoop dat hy dalk nader sou wou kennis maak, met die woorde: “Hoe kaler jonker, hoe groter pronker.” Ek moet toegee, sy was soos vele ander kere, weer reg. Nodeloos om te sê, ons het toentertyd nog in die oordeel van ons ouers geglo.

Wanneer ons skinderstories wou aandra oor ’n persoon wat na ons mening nie ’n te kuis lewe gelei het nie, het sy altyd gesê: “Wie van ons kan die eerste klip gooi?” So het baie wyshede uit haar mond gekom om ons in die bek te ruk oor ons oorvertelstories.

Wat grootmense gepraat het, was nie vir ons as kinders beskore om te hoor nie. Dan het Ma haar oë groot getrek en die ander grootmense in die vertrek gewaarsku: “Kleine muisies, grote ore.” As ons in die grootmense se geselskap wou sit om iets op te vang, is daar gou gesê: “Kinders moenie tande tel nie.” Dan het ons maar laat spaander.

Wanneer Ma van die winkel afkom en die bruin kardoesie kraak, het ons gou-gou nader gestaan. Maar Ma het ons gou laat weet: “Dis net husse met lang ore.” Ons sou graag wou sien hoe so ’n hus lyk. Het hy bene, lyf en tande? En hoe lank is sy ore regtig? Maar ons het ophou nuuskierig wees en weer buite gaan speel.

So het Ma vir alles ’n sêding gehad, te veel om op te noem.

This entry was posted in Afrikaanse taal, Woorde and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Ma se wyshede

  1. Sparkle sê:

    As jy honger is gaan jy na Piet Brommer!

    Ek gaan kyk of ek nog kan onthou.

  2. Sparkle sê:

    Tel jy alweer tande?😉

  3. Sparkle sê:

    Ek kan darm ‘n staaltjie vertel: toe ek so 5 jaar oud was toe het ek ewe skielik gewyer om te eet. So veel so dat my ma later met my dokter toe is. Darm weer aan die jellie eet gekom. En jaaare na dit toe hoor ek skielik haar stem in my kop: “jou volgende pak slae is nader as jou volgende bord kos”. En toe kliek ek skielik hoekom ek so ‘n moeilike eter was!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s