Verlange

Soos baie ander, is jou kinders oorsee. Die kinderdae lê ver in die verskiet en hulle krap  nou hulle eie potjie.

Weet hulle hoe jy verlang? Die kleinkinders het so diep in jou hart ingekruip dat die verlange ’n fisiese pyn word. Dan dink jy terug na die tyd toe jy nogal bly was dat hulle ’n voet op veilige grond gaan sit, weg van korrupsie, geweld en regstellende aksie. En terwyl die jonges nog kinderloos was, was dit nie so moeilik nie en het jy geweet dit was vir hulle beswil. Maar nou is die blonde hare en blou ogies daar en word dit al moeiliker om te aanvaar.

Wanneer een van die bloedjies siek is of ’n skeet het, sterf jy omtrent tien dode en bid jy dat dit nie ernstig is nie. Jy rus nie voordat die boodskap kom: Dankie tog, Ma, alles is OK, nie. Dan kan jy weer rustig slaap.

Selfs gereelde Skype is nie ’n troos nie. Jy voel asof jou hart wil breek net om hulle te sien en hulle kwinkslae te hoor. Jy tel die dae vir wanneer daar geld gaan wees vir ’n besoek.

Die twee telge is eintlik baie bevoorreg want ander ouma is nie te ver nie en sy bederf lekker. Ander oupa het ’n vliegtuig en hy neem hulle soms vir die lekker vir ’n dag uit. Dit is egter nie vir jou ’n troos nie. Jou hart breek elke keer as jy aan die twee blondekoppies dink.

This entry was posted in Familie, Kinders and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Verlange

  1. MaanKind sê:

    My een kind is ook ver. Ek weet.

  2. Die wêreld mag klein wees, maar helaas kos dit geld om dit klein te hou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s