Oumensrate

Foefies word gereeld geadverteer, foefies wat jou sogenaamde gesondheidsprobleme sommer tjoef-tjaf sal genees. So is daar die advertensie van die koperarmband wat jou van artritis sal genees.

Vir my klink dit nie veel anders as die dae toe my ma ons ’n sakkie met knoffel om die nek laat dra het om ons van enige siekte of pes te vrywaar nie. Veral in die tyd van polio wat toe ek ’n kind was baie erg was. Die siektes het egter nie weggebly nie, maar jy het verseker baie minder maats gehad as gevolg van die reuk wat jou omring het.

Oral word daar amper wonderkure geadverteer. Kort-kort is daar iets nuuts wat jou van rumatiek- of artritispyne sal genees. Dit klink soms of die middels wat geadverteer word, tot gevolg sal hê dat jy nie meer die dokter sal hoef te besoek nie.

Ek het ook al na strooihalms gegryp wanneer die pyne en skete te erg geword het, maar helaas, niks het gehelp nie. Nie die vitamines, die elektroniese masjiene of koperarmbande kan die pyn genees nie.

Maar, aan die ander kant, moet mens nie al die alternatiewe rate en middels weggooi nie. Daar is die hotnotsvy wat regtig help vir koorssere, pietersielie wat help vir waterbalans, kruisement vir slegte asem. Deesdae kry mens ook kaneelmiddels wat help vir mense met suikerprobleme en borriepille wat goed is teen inflammasie. Miskien steek daar meer in die ou mensrate, ons het dit dalk net nie lank genoeg beproef nie.

This entry was posted in Dokters, Ipekonders and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Oumensrate

  1. Dit is omdat die goed op die mark vrygestel kan word voordat dit behoorlik nagevors is.

    Ek dink baie van die ou raad proe net sleg. Daar was mos geglo hoe slegter iets is, hoe beter werk dit.

  2. Behalwe vir ‘n paar van die ou boererate, soos bv. Balsemkopiva wat WAARLIK help vir snye en koorsblare, glo ek glad nie in al hierdie nuwe ‘wonder-middels’ nie. As van daai dieetmiddels regtig gewerk het, sou NIEMAND meer vet wees nie!

  3. HesterLeyNel sê:

    My man ly ook vreeslik aan rumatiek en sal enige raad of raat beproef om van die pyn ontslae te wees vir ‘n paar uur. Mens kan dit verstaan, nè? Ek wonder net of van die medikasies (of ‘n mengelmoes daarvan) nie dalk soms erger skade kan veroorsaak nie.

  4. Sparkle sê:

    If something is to good to be true….then it IS to good to be true.😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s