Tough love

Op die radio is daar baie programme oor kinders en kinders grootmaak. ’n Vraag wat al baie lank aan my vreet is of jy jou kind of kleinkind moet sterk in die tipe lewe wat hy lei. Moet jy hom toelaat om sy kop te stamp en die verantwoordelikhede van sy dade te dra? As mens dit nie doen nie, leer hy nie sy les nie, want hulp is altyd daar en hy wend geen poging aan om sy omstandighede te verander nie.

Dan besluit die ouers om “tough love” toe te pas om hom te probeer dwing om die regte keuses in die lewe te maak. As mens vir die kind daarop wys dat dit van homself afhang wat hy kies, en hy maak die verkeerde keuse is die ouers partykeer spyt dat hulle hom gedwing het om te kies. Aan die ander kant, moet die kind besef dat die ouers nie altyd daar gaan wees om hom te vang wanneer hy uit die boom uitval nie.

My man het altyd gesê dat hy daar wil wees wanneer die kind uit die boom uitval want hy wil keer dat die kind sy nek breek. Dit was natuurlik verkeerd want om te beskermend te wees is op ’n ander manier dodelik. Na vele kopstamp en verskille, het ons toe op ’n middeweg ooreengekom.

Ek verbaas my wanneer ek van ouers hoor wat skooltoe gaan om te verduidelik waarom kinders nie huiswerk gedoen het nie of om die onderwyser te dreig omdat hulle glo hulle kind word te na gekom. Ek praat natuurlik nou nie van wanneer kinders geboelie word nie maar wanneer kinders net te lui is om huiswerk te doen of nie van ’n onderwyser hou nie. Ongelukkig moet die ouer terugstaan om die kind toe te laat om groot te word, sy eie besluite te neem en sy eie kop te stamp.

Grootword is nie vir sissies nie, so alle ouers moet maar in ’n mate tough love toepas. Sterkte vir almal wat nou kinders grootmaak.

This entry was posted in Kinders, Skooldae and tagged , , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s