Braaihoender

Toe ons kinders was, was daar ’n ritueel wat gevolg moes word voordat ’n hoender gebraai kon word. Die groot wet was dat daar nie ’n teken van ’n veer of ’n donsie iewers op die hoender sigbaar kon wees voordat dit gaar gemaak is nie.

Eers is die hoender vir ’n tyd in afsondering gehou en spesiale kos gevoer sodat sy gestel skoon kon word en hy nie ongewenste goed oppik nie. Die oggend wanneer die doodsvonnis voltrek moes word, het ek die hasepad gekies want ek wou nie sien hoe die hoender nek omgedraai word nie.

Eers as die hoender dood was en klaar sy laaste dans gedans het, het ek skoorvoetend nader gestaan want ek het geweet Ma sal roep sodat die vere gepluk kon word. Die growwe vere en die fyn vere moes apart gehou word want die fyn vere is vir die stop van kussings gebruik. Wanneer die vere skoon genoeg na Ma se sin getrek was, het sy ’n kers opgesteek en al die fyn donsies afgeskroei.

Daarna is die hoender skoon gewas. Ma het dan die hoender in ’n groot ysterpot op die stoof of in die oond gebraai. Die geur van die braaiende hoender was genoeg om te vergeet van die vere trek.

Maar terwyl die hoender gebraai het, was my werk nog nie op ’n einde nie. Die hoendervere moes gewas word en in die son uitgesprei word sodat dit droog kon word. Ma het die vere dan bymekaar gesit vir die volgende slagdag totdat daar genoeg vere was om ’n kussing vol te stop.

Nou natuurlik koop baie mense ontvelde hoender. En wie onthou nog die ritueel van donsies skroei?

This entry was posted in Gewoontes, Kos, Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Braaihoender

  1. seegogga sê:

    Ek onthou die skroei! En ook hoe n afkophoender my eenkeer gejaag het!

  2. HesterLeyNel sê:

    Ek wil die piep kry as iemand my hoender sonder ‘n vel aanbied. Ek hou van ‘n hoender gebraai in my George Foreman rotisserie totdat die vel kraak onder my tande.

  3. Dinge van gister… hoe ouer jy word, hoe meer onthou jy.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s