Karnallies

Daar’s ’n apie op ’n stokkie
voor my ma se agterdeur.
Daar’s ’n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daardeur.

Die apies is in die voortuin, vlak voor my venster. Nou lê ek en kyk hoe hulle baljaar in die takke en blare. Ek wens eendag sal ek nie meer skrikkerig wees vir die springende diertjies nie. Hulle is so rats en wanneer jy diékant toe gaan, wil hy voor jou daar wees. Dalk is daar iewers ’n venster oop waardeur hy iets te ete gewaar het.

Die klein karnallie moet weggejaag word, anders is daar chaos in die kombuis. Hulle het die gewoonte om die vrugte en brood happe uit te byt en dan neer te gooi. Ons wil darem nie hulle oorskiet eet nie. Skel en skreeu help nie want ek is in ’n rystoel en kan nie vinnig genoeg beweeg om hulle skrik te maak nie.

Al lyk hulle so skatlik is hulle groot karnallies. Speel en spring al nader na ’n oop venster sodat hulle vinnig en behendig die piesangs kan gryp. Nou anderdag het hulle die brood bygekom en korsies en krummels die hele vloer vol gemors.

Die bure probeer ook hulle bes om die apies weg te hou. As hulle by die asdrom uitkom, word alles uitgestrooi en lyk die hele agtertuin soos ’n varkhok. Gelukkig is hulle bang vir water wat uit ’n tuinslang na hulle gespuit word en ook vir groot honde. Maar klein keffertjies moet so ver moontlik wegbly – die apies val hulle maklik aan.

Die klein karnallies hou ons almal op ons tone. Maak seker die deure en vensters is toe voordat jy uitgaan – hulle het net ’n oomblik nodig om al jou harde werk tot niet te maak.

This entry was posted in Gediertes, Huislewe and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Karnallies

  1. HesterLeyNel sê:

    Is dit die “vervet monkeys”? Ons het groot troppe hier en hulle is onmoontlik stout. My man gaan ‘n paar weke gelede kafee toe en toe hy uit die motor klim, skiet die kafee-eienaar net so bo sy kop verby met ‘n kettie – ‘n voorbarige aap het ‘n stuk sjokoladekoek van die toonbank af gesteel! Hulle word baie stout hier omdat die vakansiegangers hulle tog te skattig vind en hulle voer by die gastehuise – dit lok hulle natuurlik aan.

    • klippie sê:

      Ja, dit is vervet monkeys. Hulle lyk skattig maar is baie geniepsig.

      • HesterLeyNel sê:

        Hulle kan agressief raak, veral in paartyd. Die ou brandwagmannetjie is baie dreigend teenoor my hondjie, met die gevolg dat ons hom nie alleen kan laat uitgaan nie – sy hele entourage vergesel hom vir ‘n piepietoer in die tuin.

      • klippie sê:

        Een van my vriendinne se hondjies is aangeval en moes ‘n hele klomp steke kry om die wond toe te maak. Van toe af is hy baie versigtig om hom alleen buite te begewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s