Die wit broek

Die wit broek sit nie mooi nie
want die wit broek het nie ’n plooi nie.
Die wit broek sit nie nice nie
want hy’s nie regte size nie.

Vroegoggend en die deuntjie bly maal in my kop. Dit laat my dink aan die ou dae toe daar nog ’n opsitkers gebrand is wanneer die jongetjie vir die meisie kom kuier het. Daardie tyd het ’n meisie nog uitgesien na haar kêrel se kuier. Jy het gewonder wat het hy vir jou saamgebring. Dalk ’n pakkie vryerspepermente of gekleurde boodskaplekkers.

In die ou dae was dit ’n vereiste vir ’n jong man om ’n wit broek te besit. Die wit broek was ’n statussimbool en moes daarom baie goed opgepas word. Die wit broek is spesiaal “gepress” sodat die plooi vlymskerp kon wees. Baie jong mans was arm en moes ’n plan maak vir die aankoop van ’n wit broek. Onthou nou die winkel in die omgewing het nie altyd kon voorsien in die regte grootte van die broek nie en moes dit nog georder word. Maar ’n wit broek moes ’n jong man hê om die meisie te beïndruk.

Spesiale aandag is ook aan die hare gegee. Kort aan die kante en agter met ’n regte pierewaaier kuif. Brylcreme en Vitalis is in alle jong manne se badkamers aangehou om die kuif die heel dag mooi te laat lyk.

Baie jong mans het net ’n fiets as ’n ryding gehad en die broek se pype is met wasgoedpennetjies vasgeknyp om dit uit die pedale te hou. Maar niks het die die jongman weggehou van sy meisie op ’n Saterdag nie. Dan is daar opgesit of gedans tot stiptelik om middernag. Maar ’n jong man het nie kaalhand by die meisie opgedaag nie. ’n Bossie blomme is sommer uit sy ma se tuin gepluk om vir die aanstaande skoonma te gee.

Dis so anders as deesdae. Nou lyk die jongetjies of hulle geskrik het vir iets met die aardigste haarstyle of sommer kaal geskeerde koppe. Van opsit weet hulle niks – kort voor lank hoor jy dat hulle nou saambly. Ag ja, waar is die dae?

This entry was posted in Herinneringe, Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Die wit broek

  1. Son sê:

    En hulle “skip” hulle broeke so hang gat😀 Eish

  2. Sparkle sê:

    Het ek nou hierdie inskrywing geniet! Ek het geweet van die kers waarop daar sout gegooi is en van die oordadige oliekapsels, maar ‘n wit broek? Aikona! Ek moet se jy het ”n baie goeie punt beet oor waaroor hofmakery eintlik moet gaan. Dit laat mens nogals dink aan dinge. Dis jammer dat baie goeie waardes nie meer beofen raak nie. Vir my is selfs die feit dat die kerel ‘n geskenkie vir die meisie of haar saamgeneem het nuus.

  3. Toortsie sê:

    Toe ek lees “Die wit broek” het die liedjie ook dadelik in my kop opgekom. My pa het dit altyd gesing.
    As jongmeisie het ek een keer in Rome beland. Op ‘n vreemde manier het ons tussen die jongmense gekom. Daar ontmoet ons toe die busbestuurder en sy meisie. Sy kon seker sien ek hoort nie hier nie, sy sê: “Be careful of men with white pants!”… 1984 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s