Waterwysers

In die ou dae op die plaas moes ons boor vir water. Soms het ’n boorgat droog geraak en nuwe gate moes geboor word of soms het mens net meer water nodig gehad omdat jy jou landerye vergroot het.

Wanneer daar besluit is om te boor, het ons ’n persoon wat as ’n waterwyser bekend was, genader. Omdat geld skaars was, kon ons nie bekostig dat ’n droë boorgat geslaan word nie. Die persoon wat jy genader het, moes die naam van waterwyser gestand kon doen. ’n Afspraak is gemaak om seker te maak dat hy op ’n bepaalde dag beskikbaar sou wees.

Op die ooreengekome dag, het sy mikstok of ’n mik wat hy met bloudraad aanmekaar geslaan het, saamgebring. Hy het dan ewe plegtig die mikstok in sy hande geneem. Natuurlik het ons, uit pure nuuskierigheid, saamgeloop. Terwyl hy die betrokke stuk veld deurgeloop het, het hy die mikstok in albei hande vasgehou.

Dan het die ritueel in alle erns begin. Soos hy gestap het, sou die stok hier en daar afdraai. Dan het hy geweet dat daar ’n aanduiding van water onder die oppervlak van die grond was. Daar waar die stok afgedraai het, word ’n hopie klippe gepak sodat mens die plek later weer maklik sou kry. Dan loop hy weer oor die area met sy mikstok om seker te maak dat dit die regte plek is om te boor.

Daarna kom die boorman en word hy gewys waar geboor moet word. Elke dag is die vordering angstig dopgehou want die waterbron het die sleutel tot die toekoms gehou.

Uiteindelik breek die dag aan wat jy met ’n spieël in jou hand die water onder in die boorgat kan sien borrel. Dan sê jy sommer daar en dan dankie vir die genadegawe van die water wat raakgeboor is.

Water is regtig die bron waarsonder geen lewe op aarde kan klaarkom nie.

This entry was posted in Herinneringe and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Waterwysers

  1. ekmyselff sê:

    My oupa kon ook waterwys.

  2. Ek het nog altyd gewonder oor die waterwysers. Is dit net pure geluk of is daar eintlik ‘n metode wat gevolg was?

    • klippie sê:

      Die mense wat dit kan doen, sê hulle voel definitief hoe die draad of mikstok deur ‘n krag afgedraai word. Of soos dit in die video wys, lyk dit asof daar ‘n magnetiese krag is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s