Vanmelewe

Vammelewe se dae, so begin baie van ons oues se vertellings. Dit is wanneer ons herinneringe uit die verlede opdiep. Die kinders en kleinkinders kritiseer ons gereeld oor die ewigdurende terugkeer na die verlede. Maar wanneer ons alleen is en wanneer ons wakker lê en wag vir die dag om te begin, gaan ons gedagtes onwillekeurig terug na die ou dae.

Baie oues is alleen in ’n ouetehuis of versorgingsoord. Die kinders is ver, in ’n ander stad of selfs die buiteland. Wanneer die verlange kom, kan mens vir ’n paar minute oor die foon praat of selfs Skype. Maar partykeer wil mens mos ’n geliefde met ’n vel om naby jou hê, nie ’n beeld op die rekenaar nie. Dit is net nie dieselfde nie.

So vanmelewe se dae is voortdurend op die voorgrond. Vir die jonges is dit nie so lekker om na die stories te luister nie. Vir hulle is dit soms vervelig en afgesaag en, buitendien, die lewe gaan aan. Hulle is besig om vir hulleself ’n lewe te bou, nuwe dinge te ontdek en die tegnologie laat ons oues agter.

Wanneer jy alleen is en afhanklik is van ander se arms en bene, dan is vanmelewe se dae nie net ’n herinnering aan gelukkiger tye nie, maar ook ’n vertroosting. Dan onthou jy vriende en familie en die geborgenheid wat jou ouerhuis jou gebied het. So, wanneer ons weer die verlede opdiep, wees maar geduldig.

This entry was posted in Afrikaanse taal, Herinneringe and tagged , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Vanmelewe

  1. seegogga sê:

    Daar kom ‘n tyd in ons lewe wat ons meer in die verlede leef as in die toekoms.Ek het daaroor geskryf. Tik: Die taal van die ouderdom seegogga s bloggie as jy wil lees. Ek kan ongelukkig nie link plaas met my selfoon nie. Persoonlik is ek op die ewenaar en begin al meer oorhel verlede toe.

  2. Ek moes gereeld vakansies na my Ouma gaan kuier – sonder keuse. As 12 jarige het dit my gek gehad want in Warmbad het sy regoorkant die swembad gewoon, en al wat ek wou doen is swem swem en swem. Haar huis en haar reëls het bepaal na 2uur kon ek daagliks uitgaan. Voor twee mor ek leer bak en brou, leer hekel en brei en stik. Natuurlik was sy erg alleen en het sy al haar oumens stories vertel wanneer ek dan daar was. Nou waardeer ek dit, nie toenterjare nie. Is waar – wysheid kom met grysheid. Vertel die stories aan almal wat ore het, of skriffel dit neer. Ons familie word nagevors, en een van die grootste skatte is ‘n broer van my Groot Oupa se leer omslag met ‘n groot hoeveelheid handgeskrewe stories van toet se tyd. Die deel van stories word wel waardeer

    • klippie sê:

      Dit klink my jy het ‘n wonderlike ouma gehad. Ongelukkig het niemand in ons familie enigiets neergeskryf nie. Hierdie blog is my poging om iets van die verlede saam te vat

      • Sy was ‘n sagte goedhartige mens wat ten spyte van swaardae en min geld my hero was. Jy skryf wonderlik. So in my kraal… Mens, laat waai. Dit sál gelees word. Oor en oor en oor. Deur familie of vreemdes of griffel maats.

  3. Ek glo, mens moet jou ouers waardeer en altyd respekteer. Mooi woorde.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s