Verjaarsdag

Nou die dag het my meisiekind verjaar. Iets om na uit te sien, want nie alleen is dit ’n spesiale dag nie, maar die dag was onbeskryflik mooi. En ons het op die strandfront geëet. Die see was so glad soos ’n spieël en daar was net ’n ligte briesie wat gewaai het. Durban strand is ook rolstoelvriendelik wat ’n bonus is want ons kan vir ’n ver ent langs die see stap.

Ons gaan ook uit op die pier en dan voel mens of jy in die middel van die see is wanneer jy na die deining van die branders kyk. Die skepe op pad na die hawe is pragtig en die seilbote met hul gespande seile vertoon pragtig teen die helder blou lug.

Ag, ek verlang na die dae lank verby toe ek op my eie voete langs die see kon stap, in die sand kon vroetel met my tone en tussen die branders induik. Die jonges het my aangepor want ek was altyd eerste in die branders.

Dan is ons by die restaurant. Dit kyk uit op die see met vensters wat wyd oopmaak sodat mens een met die omgewing voel. Ek geniet my steak met die heerlikste kaaskoek as nagereg.

Wat ’n voorreg om saam met my dogter haar spesiale dag te geniet.

This entry was posted in Familie, Vakansie and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Verjaarsdag

  1. Toortsie sê:

    Ek het soveel om voor dankbaar te wees, soos om self te kan loop. Ek is so bly jy het die dag geniet.

  2. seegogga sê:

    Bly jy kon die dag geniet Klippie. Dis goed om weer van jou te hoor.

  3. Net Ek sê:

    Dankie vir jou inskrywing, ek moes dit lees.

    bly julle het die dag geniet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s