Hare

Toe ons kinders was het ons ouers altyd vertel dat as mens pampoen eet, kry jy krulhare. Ek was baie lief vir pampoen, maar ongelukkig het die storie nie waar geword nie. Ek het steeds perdestert vir hare. Maar ek kla nie want ek is geseën dat my hare nie uitval nie. So het ek steeds ’n digte boskaas.

As kind het ek ook maar gebrom as dit vlegtyd was, want Ma het nie sagkens met my lang, dik hare gewerk nie. Die kam is bo ingedruk en onder uitgetrek. Al die gewriemel en ge-eina het niks gehelp nie: “Juffie, staan sal jy staan totdat ek tevrede is met jou hare.” Dan is daar twee yslike strikke onder aan die vlegsels gebind. Smiddae moes ons ons sakdoeke en linte was. Dan het ons die nat sakdoeke en linte teen die bad se kant vasgeplak sodat dit nie nodig was om dit te stryk wanneer dit droog geword het nie.

Op Saterdae is ons hare gewas. Ons hare is met groen Sunlight seep gewas en daarna met asyn afgespoel. Ja, ek weet deesdae was mense omtrent elke dag hare, maar vir ons was dit ’n ritueel. Ons haredroër was die son. Terwyl ons op die klippe gesit het om ons hare te laat droog word, het ons dit soveel kere as moontlik geborsel. Want sien, na die harewas, kom Saterdagaand se opskop.

Elke Saterdagaand was soos ’n bring en braai. Elkeen het gebring wat hy in die huis gehad het. Maar die kos was vir ons van minder belang: ons kon nie wag om die konsertina se eeerste note te hoor nie. Twaalfuur is daar opgepak en het ons lam van moegheid huis toe gegaan. Net om weer na volgende Saterdag se opskop uit te sien.

This entry was posted in Gewoontes, Herinneringe, Mense en hul dinge and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Hare

  1. Ek het ook die perdesterte gehad en die vlegsels en die harewas op Saterdae, maar geen opskop nie. I feel cheated!

  2. ekmyselff sê:

    Ooh dit klink lekker – daardie opskop

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s