Persketyd

Rooiwangperskes, kaalgatperskes en ons ou staatmaker, die geelperske. Hoe verlang ’n mens terug na die dae toe jy onder die boom gestaan het om ’n perske sommer so van die boom af te eet.

Ma was in die kombuis besig om perskes in te lê. Rye en rye bottels wat daar pryk met die perskes oordek met stroop. Vir my was dit die lekkerste om die oorskietsous te drink. Dan word die rakke gelaai sodra die perskes afgekoel het.

Die laaste pluksels van die boom word dan geskil om gedroog te word. Ma is heeldag besig en as jy niks anders het om te doen nie, help jy om die perskes in die son op die sifdraadnette uit te pak. Dan moet jy ook vining speel wanneer ’n onverwagte storm oor die Hoëveld broei want as die perskes nat word, word hulle swart en onbruikbaar. Daardie perskes is vir die winter gedroog wanneer ons om die kombuistafel gekuier het. Ma het dan ’n slopie perskes gaan haal en dit was ons versnaperings vir die aand.

Konfyt is van die laat perskes gekook en mens kon die pot uitlek wanneer sy klaar was. Wat sal ek nou gee vir ’n dik sny varsgebakte brood met botter en Ma se eie konfyt!

This entry was posted in Herinneringe, Kos and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Persketyd

  1. Watter heerlike herinnering. Vrugte was maar skaars in die dorre streek waar ons grootgeword het, maar my oom het in Ashton gewoon en hulle het so ‘n heerlike vrugteboord gehad. Ek het myself altyd vergryp aan perskes en vye wanneer ons daar gekuier het.

  2. Nou word daar herinneringe uit my kinderdae op dieselfde hoëveld opgeroep. Net vanoggend vir vroutjie-doutjie vertel van Sondagaande se sit om die kombuistafel. My ma het dan een van haar bottels ingelegde perskes oopgemaak en ons het dit saam met tuisgemaakte vla geëet. Buurvrou, Tannie Tossie Malan het perske rolle gemaak… ai!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s