Huis, paleis

Toe ons kinders was, het ons altyd ons knope getel: huis, paleis, pandok, varkhok. Waar ook al die teller opgehou het, het ons vir mekaar gesê: “Jy’s gelukkig, jy gaan in ’n paleis bly” of “Arme jy, jy gaan heeldag jou varkhok moet skoonmaak.”

Watter wonderlike tye was dit nie. Ons was onbesorg en het glad nie voorsien of kon dink dat daar hartseer of moeilike tye in ons lewens sou wees nie. Niks van die teleurstellings  wat op ons pad sou kom, was toe sigbaar nie. Maar ook niks van die blydskap en vreugdes wat ons sou smaak nie.

So baie van my herinneringe is gebonde aan die plek waar ek gebly het, maar ek wonder  of dit die hele omgewing eerder as net die huis was? Is die huis net die dop waarin ons herinneringe gestalte kry?

 

This entry was posted in Afrikaanse taal, Herinneringe and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Huis, paleis

  1. Ek onthiu die rympie baie goed.

  2. Gelukkig het elke kledingstuk sy eie hoeveelheid knope

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s